Jou studietuiste in Afrikaans

Akademia is ʼn hoëronderwysinstelling uit die Afrikaanse gemeenskap vir die Afrikaanse gemeenskap, en is geskoei daarop om opgeleide en afgeronde studente te lewer.

Met ʼn verskeidenheid beroepsrelevante kwalifikasies bied Akademia hoop vir talle Afrikaansprekendes wat in ʼn veilige omgewing gehalte kwalifikasies in hulle moedertaal wil voltooi.

Wil jy help bou aan ʼn selfstandige Afrikaanse universiteitswese?

In 2020 het 961 Akademia-studente van ʼn studiebeurs, -lening of afbetaalopsie gebruik gemaak om hulle studies te finansier. Sonder hierdie kanale sou ʼn klomp studente nie kon studeer en in hul toekoms belê nie. Jy kan help om studiedrome te verwesenlik deur by te dra tot die daarstel van studielenings vir minderbevoorregtes.

Akademia beoog om teen 2025 ʼn omvattende residensiële kampus op te rig waar 5 000 voorgraadse en 2 000 nagraadse studente op ʼn pragtige kampus in Pretoria kan studeer. Jy kan bydra om hierdie droom te verwesenlik.

ONDERSTEUN AKADEMIA!

Voltooi asseblief die onderstaande:

R
Wil jy die bankkostes help betaal?

Maak hierdie donasie maandeliks?

Persoonlike inligting



TOTALE SKENKING : R

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp