Covid-19: Jongste statistiek bekendgemaak

Die getal bevestigde Covid-19-gevalle in Suid-Afrika het tot 7 808 gestyg met 236 nuwe gevalle wat in die afgelope 24 uur aangemeld is. Volgens dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, is nog vyf Covid-19-sterftes aangeteken en staan die dodetal nou op 153. Daar is twee nuwe sterftes in die Wes-Kaap aangeteken, een in Limpopo en twee […]

Covid-19-samevatting: Eerste myner toets positief

Argieffoto ʼn Mynwerker by Dwarsrivier-myn digby Burgersfort in Limpopo het positief vir Covid-19 getoets. Só het Riaan Burger, die hoofbestuurder van die myn, Dinsdag bevestig. Volgens Burger was dié mynwerker getoets voordat sy op haar skof gegaan het. Dié werknemer is tans in selfisolasie. Moses Cloete, adjunkdirekteur van die Bench Marks-stigting, sê die moontlikheid is […]